Visie
Beste onderrig in Afrikaans, binne ‘n waardegedrewe raamwerk.
Wie is ons
Laerskool Witpoort is net buite die stad geleë op die Garsfonteinweg-Oos verlenging. Ons bied jou kind die geleentheid om skool te gaan in 'n rustige omgewing, weg van die gejaagde stadslewe. Ons is 'n trots Afrikaanse, waardegedrewe skool waar dissipline ononderhandelbaar is.
Hier mag kinders nog kinders wees, kaalvoet skool toe gaan.
Missie
Kwaliteit onderrig in akademie en geleenthede aan deelname in kultuur en sport.
Ons doen dit deur:
- Die beste opvoeders te werf, ontwikkel en behou.
- Innoverende akademiese onderrig aan te bied.
- Leerders aan te moedig om optimaal te funksioneer as selfdenkende en afgeronde individue.
- Deelnemende, deursigtige bestuur toe te pas.
- Hulpbronne te genereer en doeltreffend aan te wend.
- Funksionele structure en beleide aan te vul en aan te wend.
Busroetes
Ons beskik oor 'n Garsfonteinweg asook 'n Delmas busroete om leerders soggens en smiddae na aktiwiteitsperiode te vervoer. Die Garsfontein bus vertrek in die oggende vanaf die Mooikloof Spar en stop by Grootfontein, Tierpoort, Hedera Kwekery en Bashewa.
Die Delmasroete begin soggens by die Engen vulstasie in De Villebois-Mareuil rylaan (Moreletapark) en stop by Rietvlei View, Moria Pluimvee, Bapsfontein en Nestpark voordat dit die skool bereik.
Hoogtepunte
Ons is dankbaar
ONS VERWELKOM NUWE SKOOLHOOF
Op 1 Februarie 2019 is Mnr. Hennie Griessel (ons langverwagte hoof) amptelik oorhandig deur Mnr. Simon Moche (IDSO) van die Department van Onderwys. Mev. Anita Botha het met trots ons 115 jaar ou skool se leisels oorgegee. Ter afsluiting van sy toespraak het Mnr. Griessel sy das afgehaal en gesê dat hy nou reg is om te begin werk. Robbie Wessels het vir ‘n heerlike verrassing gesorg en met soveel energie gesing dat die hele saal dadelik op hulle voete was. Daar was ”Peri Peri Hoenors” met swaaiende arms, groot glimlagte en bly harte net waar jy kyk ! ‘n Kleuterskoolmaatjie by Kaalvoet Kleuters (Lejane Coetzee) wat bietjie hartseer was, het vir troos bo op Mnr. Hennie se knie geklim en net daar was hy tuis. Die leerders het elkeen ‘n kolwyntjie ontvang na afloop van die verrigtinge. Met so ‘n hartlike verwelkoming kan ons nuwe hoof verseker weet dat hy kan staatmaak op ons volle ondersteuning en sien ons almal daarna uit om die pad saam met hom te stap.
Mnr. Awie Bezuidenhout ons vorige hoof vanaf 1996 – 2008 het die funksie as eregas bygewoon.
















FEES
Saterdag 11 Mei het Laerskool Witpoort se 115de bestaansjaar gevier met 'n fees. Die dag het afgeskop om 14:00 met 'n verskeidenheid van stalletjies, byna alles waaraan jy kan dinkwas te koop aan gebied. Heerlike kos en drinkgoed, klere, dekor, speelgoed en selfs parfuum en gesondheids middels. Die skoolkoor het om 17:20 opgetree wat gevolg is deur die skoolsokkie. Ons Witpoort kinders weet hoe om hulself te geniet. Natuurlik die hoogtepunt van die aand Appel se optrede om 19:00. Hierdie fondsinsamelingsprojek lê die skool na aan die hart. Graag wil ons elke ouer, persoonllid, leerder en almal wat hier was bedank vir jul ondersteuning tot die fees.

Witties Wagkraal is ons trotste Naskool van Laerskool Witpoort
- Ons is oop alle skooldae vanaf na skool tot 17:30.
- Die bestuur bestaan uit gekwakifiseerde onderwysers.
- Hulp/toesig met huiswerk en leerwerk.
- Beperkte aantal leerders by ‘n toesighouer.
- Fasiliteite wat gebruik word is op die skoolterrein en leerders hoef nie Vervoer te word vanaf die skool na die naskool nie.
- Leerders ontvang middagetes.
- Veilige kommervry versorging in ‘n plaas atmosfeer.
Kontak gerus vir Joey Opperman 082 496 3916 of Marthinette Botha 072 231 6178 vir kostes en enige navrae.
Getuigskrifte
Wat ons ouers sê
-
"Dit het my terug geneem na die jare wat ons langs die sportveld gesit het en my kieriebeentjie dogtertjie net mooi aan alles wou deelneem. Witpoort is die skool soos waar ek skoolgegaan het, almal is kaalvoet en sommer net tuis."
- Elsie Potgieter
-
"Ek het self met die bus gery my hele laerskool loopbaan, vanaf 1977 - 1983. In Bashewa gebly. Beste Laerskool in die land!!!!!!!"
- Jan Wibbelink
-
"'n Skool waar elke kind tel. Altwee van ons kinders deur die skoolbanke daar. Een nou tweede jaar en jongste matriek. Onthou net deurnis, liefde, samewerking en happiness. Lieflike ouers en die onderwysers met passie besig om gretige breinselle te voed. Die eerste boublokke vir ons kinders se toekoms. dis onvervangbaar. Dit was 'n voorreg om hul laerskooldae daar te kon geniet."
- Sinette Pretorius
-
"Ek was self n leerling hier gewees van 1973 tot 1979. Nogal graad 1 op my verjaarsdag begin in 1973 want die skole het 10 Januarie begin daardie jaar. Baie goeie ou herinneringe van daardie jare bly nogsteeds met my. Voorwaar n skooltjie om op trots te wees"
- Hendrik Moll
Aktiwiteite
Ons skooldag sluit af met 'n aktiwiteitsperiode van 13:25-14:30. Hierdie periode word aan sport- en kultuurbedrywighede gewy.
Sport
Ons presteer baie goed op die sportveld! Twee van ons atlete het verlede jaar aan die SA’s deelgeneem en ons het top SA landlopers gehad. Witpoort wen in 2018 die Cluster Atletiek byeenkoms.
Die rugbyseuns wen die onder 11 Bloubulle C-bond liga vir 'n vierdekeer in 'n ry die krieket wen die 0/13 Suid-Oos Kleinskole liga.
Kultuur
Leerders kry jaarliks die geleentheid om aan Eisteddfod deel te neem en ons hou elke tweede jaar ‘n skoolkonsert, wat verseker ‘n hoogtepunt op die kultuurkalender is.
Verder kry leerders die geleentheid om aan kultuuraktiwiteite soos redenaars, akrobaat, dans, koor, drama en spelling bee deel te neem.