

Kaalvoet Kleuters Skoolhoof
Hanri Opperman Gr. R

Kleuters Gr R
Sheri-Lynn Morris

Peuters Gr RR
Alicia Muller

Peuters Gr RRRR
Jacobi Schinkel

Kleuterskool Assistent
Marijke Opperman

Kleuterskool Assistent
Rebecca Mahlangu
Visie
Om 'n sentrum vir uitnemendheid vir onderrig in Afrikaans binne 'n waarde gedrewe raamwerk vir elke kind te skep.
Missie
Om te fokus op holistiese ontwikkeling en ondersteuning om skool gereedheid te verseker.
Ons doen dit deur:
- 'n veilige en liefdevolle omgewing te skep.
- Te erken dat elke kind uniek is. Ons onderrig elek kind in die erkenning van sy/haar unkieheid.
- Ons kinders te leer deur konstruktiewe spel.
- Ons kinders te ontwikkel as self denkende individue wat gereed is om in te skakel by die laerskool.
- Hulpbronne kreatief en doeltreffend in te samel en aan te wend.
Dagprogram
Tyd
07:15-7:45
Aktiwiteit
Aankoms en Vryspel
Opmerking
Binne in die klas
07:45
Aantree en toiletroetine
08:00
Oggendkring
Register, verjaarsdae, weer, tel, dae van die maand en nuus
08:30
Etenstyd en roetine
Sit saam en eet totdat almal klaar is
08:45-09:15
Kringetjie en temabespreking
In die klas
09:15-09:45
Kringetjie
In die klas
09:45-10:50
Buitespel en opruim
Vryspel buite
10:50
Toiletroetine
11:00
Etenstyd
11:15-12:40
Skeppend, hoof en byaktiwiteit
In die klas
12:45
Aanleer van liedjies/gediggie
In die klas
13:00
Vertrek
13:00-14:00
Vryspel binne in die klas
Buitemuurse Aktiwiteite
- Tumbling Tigerz
- Pottery
- NSD Netbal
- Playgolf
- A+ Students
- Dance Mouse
- RSD Rugby
- Horse Worx
Kaalvoet Kleuters is die kleuterskool van Laerskool Witpoort en ook die voedingsbron van die skool. Ons bied jou kleuter prettige, opwindende en dinamiese opvoeding. Hier fokus ons nie net op akademiese vaardighede nie, maar ook op identiteitsontwikkeling en persoonlike groei deur goeie waardes by die kleuter te kweek.


Ons aanvaar elke kleuter as 'n individu en koester elkeen se uniekheid. Die rustigheid van die platteland het ‘n positiewe uitwerking op die kinders se gemoed. Soms word hul selfs met die geklingel van 'n klomp beeste gegroet! Ons doen ons naam gestand deur die kleuters aan te moedig om kaalvoet skool toe te kom.
By die graad R kleuters, word die CAPS kurrikulum gevolg, soos voorgestel word deur die Departement van Onderwys en die peuters volg ‘n program wat op elke mylpaal fokus wat die kind vir sy ouderdom moet bereik. Alles word prakties gedoen, die kinders leer deur te speel en daar word nie boeke en boeke vol werk gedoen nie. Ons fokus eerstens op emosionele, dan fisiese en laastens kognitiewe ontwikkeling.

Hier het elke kleuter ‘n naam en is nie net ‘n nommer wat verlore raak nie. Dit is ons missie om in elke kleuter se behoeftes te voorsien. Ons gekwalifiseerde personeel sien uit om na u kind om te sien!