Konsert

Ons hou elke tweede jaar konsert by Laerskool Witpoort en 2019 is weer konserttyd!

Hierdie geleentheid is altyd 'n hoogtepunt op die leerders se kalender.

Redenaars

Afrikaans en Engelse redenaars word vanaf Gr. 1 tot 7 in klasverband by die skool gedoen en daarna volg 'n interne kompetisie.

Leerders wat presteer neem verder deel aan ander kompetisies soos ATKV redenaars en Eisteddfod.

Organiseerder: Elize Nagel

Spelling Bee

'n Interne Spelling Bee word in die tweede kwartaal by die skool gehou. Die leerders in Gr. 4 tot 7 kry woorde om te leer en die beste drie leerders in elke graad kry 'n medalje.

Organiseerder: Elzette Myburg

Witpoort Kunstefees

Hierdie is 'n interne platvorm wat aan leerders die geleentheid bied om ook op kreatiewe vlak te kompeteer. Die Kunstefees is vir die eerste keer in 2016 aangebied, dit was 'n reuse sukses en die kinders het dit baie geniet.

Leerders vanaf Gr. R tot Gr. 7 kan deelneem aan die kompetisie. Vir elke graad word 'n spesifieke tema gekies en die mediums wat gebruik mag word sluit in: potlood; olie pastelle; vetkryte; verf en houtskool. Daar word van eksterne beoordelaars gebruik gemaak en pryse word aan die eerste drie plekke toegeken. Al die kunswerke word in die saal uitgestal vir die ouers om te kom kyk en elke deelnemer ontvang 'n sertifikaat vir sy deelname.

Organiseerder: Corlia Eksteen

Scroll to top