Atletiek

By Laerskool Witpoort skop ons die atletiekjaar af met ons huissport byeenkoms wat jaarliks die eerste Saterdag plaasvind nadat die skool begin het. Leerlinge neem in spanverband as ‘Tarentale’ of ‘Fisante’ aan baan- en velditems deel en die byeenkoms sorg vir baie opwinding en kompetisie tussen die twee spanne (soms tussen die ouers ook)!

Laerskool Witpoort vorm ‘n ‘cluster’ saam met Kameelfontein, Cullinan, Maragon Olympus en Maragon Edendale. Uit hierdie skole word ‘n span gekies wat aan die Distriksbyeenkoms gevolg deur die Gauteng-Noord byeenkoms en uiteindelik die provinsiale byeenkoms, deelneem.

Organiseerders:
Rhudi Rossouw
Corlia Eksteen

Rugby

Laerskool Witpoort neem jaarliks deel in die Wyk-Oos liga (Blou bulle C-bond liga) en die volgende spanne spanne het uitstekend gevaar in 2016:

  • 0/9 :
    Onoorwonne 6/6 wedstryde.
    Wen die liga en val uit in die semi-finale van die Bond wenners.
  • 0/11:
    Onoorwonne 6/6 wedstryde
    Wen die liga asook die Blou bulle C-bond.
  • 0/13:
    Onoorwonne 6/6 wedstryde
    Wen die liga en val uit in die semi-finale van die Bond wenners.

Organiseerders:
Rhudi Rossouw
Johan Botha

 

Krieket

Ons krieket begin in die derde kwartaal. Ons het ‘n o/11 en o/13 span wat aan die Suid-Oos Kleinskole liga deelneem. Die spanne presteer baie goed en die 0/13 het in 2016 die liga gewen.

Op Dinsdae en Donderdae word daar met die 0/8 en 0/9 seuns geoefen om hulle blootstelling te gee aan dié sportsoort.

Organiseerders:
Rhudi Rossouw
Johan Botha

Netbal

Die netbalseisoen begin middel Februarie met harde vaardigheid- en fiksheidsoefeninge. Daar word proewe gehou en daarna word die spanne saamgestel. Meeste van die dogters neem deel aan hierdie sport! 0/7 – 0/9 speel Mini- Netbal. Al die Mini-Netbal wedstryde is vriendskaplik en vind plaas op Saterdae tydens Mini-Netbal dae.
Oefening is Maandag tot Donderdag 13:17 – 14:00
0/10 – 0/13 speel liga wedstryde. Ons val onder die distrik, D1 en speel teen 7 ander skole liga. As die 0/12’s en 0/13’s eerste kom in die liga neem hulle deel aan verdere uitspeel wedstryde.
Wedstryde vind op Dinsdae en Donderdae plaas.
0/12’s en 0/13’s dogters neem ook deel aan distrik-proewe.

2016:
Ons 0/10 A span was eerste in die liga.
0/11 A span was 2de in die liga.
Die ander spanne het ook baie goed gevaar.

Organiseerder: Anica van Rooyen

Tennis

Tennis word al baie jare aangebied vir Witpoort leerders deur Mev Vasti Claassens op hul plaas “Gulden Bodem” oorkant die polisiestasie. Kinders gaan Maandae, Woensdae of Vrydae daarheen vir tennis lesse. Die toernooie word gewoonlik op bane in Kemptonpark of Benoni gespeel in die Gauteng Oos liga. Skole wat meeding is Bredell, Brentwoodpark en Noorderlig.

Organiseerder:
Issie Rossouw

Boogskiet

Boogskiet is in 2016 vir die eerste keer by die skool aangebied en het sommer gou baie gewild geword. Oefeninge vind elke Vrydag op die plaas, Zikomo, naby die skool plaas. Hier oefen die leerders om hul boogskiet tegniek te bemeester.

In 2016 was daar 32 leerders wat boogskiet by die skool gedoen het waarvan twee skutters uitgeblink het op provinsiale vlak en nasionale vlak.

Organiseerder: Johan Botha

Landloop

Landloop vind in die 3de kwartaal plaas.

Seuns en dogters hardloop die volgende afstande:

  • o/8 ~ 1 km
  • o/9 en o/10 ~ 2 km
  • o/11, o/12 en Dogters o/13 ~ 3km
  • Seuns o/13 ~ 4km

Leerders neem deel in die AGN (Gauteng Noord Liga). In 2016 het Luhan Vermeulen deelgeneem aan die o/11 seuns SA Landloop kampioenskappe.

Daar word ook jaarliks ‘n tuis landloop byeenkoms gehou waarheen ander skole uitgenooi word.

Organiseerder:
Elzette Myburg

Perdry

Ons leerders neem deel aan die SANESA skole perdryliga. Verskeie dissiplines soos dresseer, skouspring, werksry, skoury, Western Riding, Saalperd, Prix Caprilli, “working hunter” en rykuns word beoefen. Daar word selfs voorsiening gemaak vir ruiters wat aan uithouritte deelneem asook “vaulting”. Leerlinge kan op verskeie vlakke deelneem, wat ook beginners insluit.

Ons neem deel aan die Gauteng-Noord liga en daar word dan na die 4e liga byeenkoms, ‘n Gauteng-Noord span gekies wat aan die Gauteng Finale deelneem. Ruiters kan dan vir die Gauteng span gekies word wat aan ‘n Nasionale byeenkoms deelneem.

Verskei Perdryskole in Nestpark, Bashewa, Lynnwoodweg en Rayton bied klasse aan vir kinders

Om deel te wees van die span, moet jy kontak maak met Juffrou Corlia.

Verskeie afdelings is beskikbaar vir leerders soos Dresseer; Prix Caprilli; Skouspring; Western Riding; Equitation; Saalperd.

Organiseerder:
Marlene Scheepers (Ouer)

Playball

Leerders vanaf Gr. RR tot Gr. 3 kry die geleentheid om deel te neem aan Playball. Groot motoriese vaardighede word hierdeur bevorder en word op Donderdae deur die Playball dames by die skool aangebied.

Organiseerder: Issie Rossouw

Rugby Skills Development

Ruggakids word ekstern by die skool aangebied en lê ‘n baie goeie grondslag vir afrigters om op voort te bou wanneer die seuns begin ligawedstryde speel.

Leerders vanaf Gr. RR tot Gr. 3 kan op Donderdae afrigting by die skool kry.

Organiseerder:
Rhudi Rossouw

Akrobaat

Akrobaat ontwikkel kinders se soepelheid, balans, spierbeheer, spring en draai vermoëns. Dit word ook gekombineer met ander vorms van dans soos ballet, jazz, moderne danse en kontemporêre danse en gee aan die deelnemer die geleentheid om hul eie persoonlikheid uit te druk.

Die akrobaat leerders neem jaarliks deel aan die Noord Gauteng Interprovinsiale kompetisie sowel as aan die SA’s.

Organiseerder en aanbieder: Chanel Hoolsema (chanicdance@gmail.com)

Scroll to top