Atletiek

By Laerskool Witpoort skop ons die atletiekseisoen af met ons huissport wat jaarliks die eerste Saterdag plaasvind nadat die skool begin het. Leerders neem deel in spanverband as ‘Tarentakle’ of ‘Fisante’ aan hul onderskeie baan en velditems. Jaarliks sorg die huissport vir baie opwinding ook tussen die ouers wat teen die personeel deelneem.

Laerskool Witpoort vorm ‘n ‘cluster’ saam met Cullinan, Rayton, Maragon, Kameelfontein en Die Krans. Uit hierdie skole word ‘n span gekies wat aan die Distrik byeenkoms deelneem wat gevolg word deur die Noor-Gauteng byeenkoms. Na afloop van die byeenkoms word atlete dan gekies om deel te neem aan die Provinsiale byeenkoms. Jaarliks doen ons atlete baie goed.

Organiseerder: Corlia Eksteen

Rugby

Laerskool Witpoort neem jaarliks deel in die C1 Akasia Streek Liga teen skole Mayville, Rayton, Totuisdal, Maragon, Tuinrand en Simon Bekker. Ons seuns neem deel van 0/9 tot 0/13 in die liga. Rugby oefeninge vind plaas weekliks vanaf 13:30-14:30 tydens rugby seisoen.

Organiseerders: Johan Botha

Krieket

By Laerskool Witpoort word krieket in die derde kwartaal aangebied as ‘n sport. Krieket oefeninge vind plaas Maandae-Donderdae tydens aktiwiteits periode vanaf 13:30-14:30 tydens die krieket seisoen.

Die krieket liga vind plaas teen skole soos Meyerspark, Rayton en Kameelfontein.

Krieket Organiseerder: Rhudi Rossouw

Netbal

Die netbalseisoen begin middel Februarie met vaardigheid- en fiksheidsroetine. Na proewe word die spanne saamgestel. Dogters kan van 0/7-0/9 deelneem aan die Mini Netbal. Al die Mini-Netbal wedstryde is vriendskaplik en vind plaas op Saterdae tydens Mini-Netbal dae. Dogters 0/10-0/13 neem deel aan die liga teen skole: Rayton; Cullinan; Du Preez van Wyk; Maragon; Bronkhorstspruit Primary; Kameelfontein en Curro Roodeplaat. Netbal oefeninge vind plaas tydens aktiwiteits periode Maandae- Donderdae 13:30-14:30 tydens netbal seisoen.

Netbal westryde vind plaas gedurende die week op Dinsdae en Donderdae. Dogters 0/12 en 0/13 neem ook deel aan die distrik se proewe.

Organiseerder: Anica van Rooyen

Tennis

Tennis word al baie jare aangebied by Laerskool Witpoort. Vir baie jare was dit deur Mev Vasti Classens aangebied, maar is 2019 deur verskeie afrigters oorgeneem. Ons bou voort rn hoop om nog vele leerders op die tennisbane te sien presteer. Die skool neem deel aan die die Pretoria liga en Sentraalrand Liga tydens die derde kwartaal. Toernooie word gewoonlik op Maandae gespeel teen skole Bredell, Brentwood Park en Noorderlig.

Organiseerder: Rianne van Nieuwkoop en Rhudi Rossouw

Boogskiet

Boogskiet is in 2016 vir die eerste keer by die skool aangebied en is ‘n baie gewilde sport onder seuns en dogters. Boogskiet oefening vind plaas Woensdae en Vrydae na skool by die skool plaas vanaf 14:30. Hier oefen leerders om hul boogskiet te bemeester. Leerders neem deel aan die Gauteng IFAA Indoor shoots, Gauteng SANAA Field Archery shoot asook Gauteng SANAA 3D shoots.

Organiseerder: Johan Botha

Landloop

Landloop by Laerskool Witpoort vind plaas tydens die derde kwartaal. Seuns en dogters neem deel aan die volgende afstande:

  • 0/8 – 1km
  • 0/9 en 0/10 – 2km
  • 0/11, 0/12 en 0/13 (slegs dogters) – 3km
  • 0/13 (slegs seuns) – 4km

Landloop atlete neem deel aan die AGN (Gauteng Noord Liga), waarna hul gekies kan word om deel te neem aan die Gauteng Kampioenskappe. Tydens die tweede kwartaal bied Laerskool Witpoort ‘n vriendskaplike landloop byeenkoms aan waar skole genooi word om by ons te kom hardloop in die voor seisoen van die landloop. Landloop oefeninge vind plaas weekliks vanaf 13:30-14:30 tydens die landloop seisoen in die 3de kwartaal.

Organiseerder: Elzette Myburgh

Perdry

Perdry word by Laerskool Witpoort gesien as ‘n amptelike skoolsport. Jaarliks neem die ruiters deel aan SANESA skole perdryliga. Ruiters neem deel in verskeie dissiplines soos skouspring, werksry, skoury, western riding, saalperd, dressing, hunter, saddle seat en vele ander disciplines. Ruiters kan op verskeie vlakke deelneem, wat ook beginners insluit. Laerskool Witpoort neem deel aan die Gauteng-Noord liga, na die 4de liga byeenkoms word ‘n Noord-Gauteng span gekies om deel te neem aan die Gauteng Finale. Ruiters kan ook gekies word om aan die Nasionale byeenkoms deel te neem.

Nadia Botha is ons perdry organiseerder en bied ook Perdryklasse aan. Leeders hoef nie ‘n perd te hê om aan die sport deel te neem, Nadia bied klasse op haar perde aan.

Organiseerder: Nadia Botha

Hokkie

Ons is baie opgewonde om hokkie by ons skool vanaf 2019 te hê. Leerders is al volstoom aan die tydens aktiwiteitsperiode. Ons beoog om 2020 in ‘n liga in te skryf. By Laerskool Witpoort strew eons daarna om leerders aan soveel as moontlik sportsoorte blootstelling te gee. Hokkie oefeninge vind plaas weekliks vanaf 13:30-14:30 tydens hokkie seisoen.

Organiseerder: Marthinette Botha

Buitemuurs

  • Drama
  • Pottebakkery
  • Akrobate
  • Dans
  • Judo
  • C Maths
  • A+ Students

Playball

Leerders vanaf Gr. RR tot Gr. 3 kry die geleentheid om deel te neem aan Playball. Groot motoriese vaardighede word hierdeur bevorder en word op Donderdae deur die Playball dames by die skool aangebied.

Organiseerder: Issie Rossouw

Rugby Skills Development

Ruggakids word ekstern by die skool aangebied en lê ‘n baie goeie grondslag vir afrigters om op voort te bou wanneer die seuns begin ligawedstryde speel.

Leerders vanaf Gr. RR tot Gr. 3 kan op Donderdae afrigting by die skool kry.

Organiseerder:
Rhudi Rossouw

Akrobaat

Akrobaat ontwikkel kinders se soepelheid, balans, spierbeheer, spring en draai vermoëns. Dit word ook gekombineer met ander vorms van dans soos ballet, jazz, moderne danse en kontemporêre danse en gee aan die deelnemer die geleentheid om hul eie persoonlikheid uit te druk.

Die akrobaat leerders neem jaarliks deel aan die Noord Gauteng Interprovinsiale kompetisie sowel as aan die SA’s.

Organiseerder en aanbieder: Chanel Hoolsema (chanicdance@gmail.com)

Scroll to top