Akademiese Prysuitdeling

Vereistes vir Toekennings

Laerskool Witpoort erken uitstekende akademiese prestasie en deurlopende vordering. Die volgende vereistes geld vir akademiese toekennings.

Akademiese Toekenning

Leerlinge met 80% en hoër gemiddeld, ontvang die toekenning. Die leerlinge kry vir elke jaar wat hy/sy ’n toekenning ontvang het erkenning. (Aan die einde van graad 7 kry die leerling dan ’n trofeetjie, sou hy/sy vir 4 jaar die toekenning gekry het.)

Sou die leerling in graad 4 akademiese toekenning ontvang, en nie in graad 5 nie, maar wel in graad 6, sal die leerling dan ’n akademiese toekenning 2 ontvang.

Toekenning 1

Erekleure in die vorm van ’n brons balkie

Toekenning 2

Erekleure in die vorm van ’n silwer balkie

Toekenning 3

Erekleure in die vorm van ’n goue balkie

Toekenning 4

Erekleure in die vorm van ’n trofeetjie

Beste Presteerder in Leerareas

Afrikaans
Engels
Wetenskap (gr. 7)
Sosiale Wetenskappe
Wiskunde
Ekonomiese- en 
Bestuurswetenskap (gr. 7)
Tegnologie (gr. 7)
Skeppende Kuns (gr. 7)
Lewensoriëntering (gr. 7)
Lewensvaardighede (gr. 4-6)
Natuurwetenskappe en 
Tegnologie (gr. 4-6)

Verdere Toekennings

  • Beste presteerder in graad.
  • Uitstaande prestasie in akademie en kultuurbedrywighede.
  • Beste leser in die klas – Afrikaans en Engels.
  • Dissipline punte meer as 250 (Witpoort Ambassadeur – Ster toekenning).
  • Geen debietpunte vir die hele jaar.

Meriete-sertifikaat

  • Indien ’n leerling in ’n enkele leerarea 80% gekry het, maar nie kwalifiseer vir ’n akademiese toekenning nie, kry hy die sertifikaat.

Beste Vordering

  • Daar is 2 wisseltrofees vir die Algehele Beste Vordering in graad 4 tot 7 – een vir ’n seun en een vir ’n dogter.
  • Leerlinge wat akademiese toekennings ontvang het, uitgesluit.

Buitengewone Vordering

  • Persentasie styging van meer as 5% vanaf eerste na vierde kwartaal (gemiddeld).

Goeie Vordering in ’n Enkele Leerarea

  • Indien ’n leerling se gemiddeld in ’n leerarea met meer as 10% gestyg het vanaf die 1ste na die vierde termyn kry hy/sy ’n sertifikaat.
  • Leerders wat buitengewone vordering het, uitgesluit.

Word deel van ons storie in 2026, waar elke kind ’n naam het.

linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram