By Laerskool Witpoort glo ons dat elke kind die reg het op kwaliteit onderrig in ’n veilige, stimulerende omgewing. Ons plaas-atmosfeer, kleiner klasse en toegewyde personeel skep die ideale ruimte vir leer, ontdekking en groei.
Ons fokus op die ontwikkeling van selfdenkende, afgeronde individue wat met selfvertroue die toekoms betree.
Kurrikulum en Fases
Laerskool Witpoort volg die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (CAPS) soos voorgeskryf deur die Departement van Basiese Onderwys. Ons bied gehalte-onderrig aan vanaf Graad R tot Graad 7, met die fokus op die holistiese ontwikkeling van elke leerder.
Leerfilosofie
Ons moedig leer aan deur spel, ontdekking en aktiewe deelname. Kinders leer nie net in die klaskamer nie. Hulle leer deur te vra, te redeneer, te bou en te speel. Ons onderrig sluit perseptuele ontwikkeling, taalvaardigheid, probleemoplossing en kreatiewe denke in.
Hoe Ons Dit Doen
Maandag - Donderdae 7:30-14:00 Vrydae 7:30-13:00
Grondslagfase (Gr. R–3)
Waar leer begin met ontdekking en spel.
Afrikaans Huistaal
ENGELS EERSTE ADDISIONELE TAAL
Wiskunde
Lewensvaardighede
Intermediêre Fase (Gr. 4–6)
Waar kennis groei en denke verdiep.
Afrikaans Huistaal
ENGELS EERSTE ADDISIONELE TAAL
Wiskunde
Natuurwetenskap en Tegnologie
Lewensvaardighede
Sosiale Wetenskap
Senior Fase (Gr. 7)
Waar voorbereiding vir die toekoms begin.
Afrikaans Huistaal
ENGELS EERSTE ADDISIONELE TAAL
Wiskunde
Natuurwetenskap
Sosiale Wetenskap
Tegnologie
Skeppende Kuns
Ekonomiese en Bestuurswetenskap
Word deel van ons storie in 2026, waar elke kind ’n naam het.