By Laerskool Witpoort glo ons dat sport nie net fiksheid bevorder nie, maar ook karakter bou. Deur spanwerk, dissipline en deursettingsvermoë leer ons leerders belangrike lewensvaardighede — op én van die veld af. Elke leerder kry die geleentheid om deel te neem, te groei en trots hul skool te verteenwoordig.