Busroetes

Busroetes

Laerskool Witpoort beskik tans oor 6 busroetes:

  • Elarduspark via Bapsfontein
  • Garsfonteinweg
  • Cullinan/Rayton
  • Bronkhorstspruit
  • Eloff/Delmas via Bapsfontein
  • Graham Road
  • Benoni

Hierdie roetes is ingestel met die oog op die veilige en vreedsame vervoer van ons leerders. Dit is die plig van ouers, onderwysers en leerders om saam te werk en die busreëls na te kom.

BUSTYE

Busse vertrek Maandag tot Donderdag om 14:00 en elke Vrydag om 13:00. Soggens vertrek die busse tussen ± 06:00 en 06:30 vanaf die eerste bushaltes op die roetes, afhangende van die roete.

BUSREËLS

Om veiligheid en orde te verseker, moet leerders die volgende reëls nakom:

  • Bly te alle tye op jou sitplek.

  • Moenie enige liggaamsdeel by die venster uitsteek nie.

  • Geen vloek, terg of onbeskofte gedrag nie.

  • Moenie in die bus rondloop nie.

  • Geen speelgoed (bv. albasters) op die bus nie.

  • Moenie die bestuurder pla terwyl die bus beweeg nie.

  • Sitplekke mag nie beskadig of bekrap word nie.

  • Gooi niks by die venster uit nie.

  • Moenie op die sitplekke staan nie.

  • Jou tas moet in jou hand gedra word; “caddies” moet in die bagasieruim geplaas word.

  • Plaas jou tas onder jou sitplek.

  • Slegs water mag op die bus gedrink word.

  • Luister na die VLR (busleiers).

  • Veiligheidsgordels moet te alle tye gedra word.

Dissipline

  • Eerste oortreding: Geskrewe waarskuwing.

  • Tweede oortreding: Finale waarskuwingsbrief aan ouers.

  • Herhaalde oortredings: Ouers sal gekontak word om alternatiewe vervoerreëlings vir hul kind(ers) te tref.

Word deel van ons storie in 2026, waar elke kind ’n naam het.

linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram