In die verre verlede
Het Witpoortskool ontstaan
En tot in die hede
Van krag tot krag gegaan
Soos ons voorgangers het gestrewe
Hul voor te berei vir die lewe
Bou ons aan toekomsdrome
Tussen die groen wattelbome
Getrou aan ons nasie
Wil ons lê ’n hegte fondasie
En deur harde werk
Ons vir die toekoms sterk
Aan ons leuse getrou
In ons goud, wit en blou
Sal ons altyd voortbou
Ons Mik Hoog!