Fietsry

Fietsry is 'n opwindende sport waar kinders pret het, fiks bly en leer om nooit op te gee nie. Elke rit is 'n nuwe avontuur!

Hoe werk dit?

Laerskool Witpoort se fietsryspan neem deel aan die Gauteng Skole Reeks-liga, die reeks staan ook bekend as die Gauteng Schools Cycling MTB Series en bestaan uit verskeie wedrenne deur die jaar waar leerders punte vir hulself én hul skool verdien. Wedrenne vind gewoonlik op Saterdae plaas by plekke rondom Gauteng. Leerders van verskillende laerskole neem deel aan bergfietsbyeenkomste en wedrenne deur die jaar. Elke leerder ry in sy/haar ouderdomsgroep en verdien punte vir hulself én hul skool.

Ouderdomsgroepe

  • Sub-Sub Nippers: 5–6 jaar
  • Sub-Nippers: 7–8 jaar
  • Nippers: 9–10 jaar
  • Sprogs: 11–12 jaar
  • Sub-Junior: 13–14 jaar

Wat maak laerskole bergfietsry spesiaal?

  • Kinders ontwikkel op hul eie tempo
  • Dit is kompeterend maar ook pret
  • Ouers en skole ondersteun sterk langs die baan
  • Leerders bou vriendskappe met kinders van ander skole
  • Dit skep geleenthede vir provinsiale deelname

Kompetisie Struktuur

  • Junior Kategorie: Jonger ryers wat ontwikkel word vir kompetisie
  • Senior Kategorie: Gevorderde ryers wat op hoër vlak kompeteer
  • Gauteng Skole Reeks: Gereelde liga-byeenkomste regdeur die seisoen

Deelname Vereistes

Leerders moet aan minstens 2 van die Gauteng Skole Reeks-liga byeenkomste deelneem om te kwalifiseer vir 'n deelnamesertifikaat.

Toekennings en Erkenning

  • Beste Junior Seun en Dogter vir die jaar ontvang sertifikaat, wisseltrofee en klein trofee
  • Beste Senior Seun en Dogter vir die jaar ontvang sertifikaat, wisseltrofee en klein trofee
  • Top 10 Liga Presteerders ontvang sertifikaat en medalje
  • Erekleure vir Interprovinsiale Kampioenskappe deelname en Provinsiale kleure

Vaardighede wat Ontwikkel Word

  • Uithouvermoë en kardiovaskulêre fiksheid
  • Balans en koördinasie
  • Strategiese rykuns en groepwerk
  • Selfvertroue en volharding

Kontak: Riette du Plessis

Word deel van ons storie in 2026, waar elke kind ’n naam het.

linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram