Hokkie

Ons hokkieprogram ontwikkel vaardighede soos hand-oog-koördinasie, vinnige besluitneming en spanwerk in 'n dinamiese sportomgewing.

Ouderdomsgroepe

  • Mini-Hokkie: O/7 tot O/9 dogters (ontwikkelingsfases)
  • Kompeterende Hokkie: Alle ouderdomsgroepe vir seuns en dogters

Mini-Hokkie Ontwikkeling

Fokus op basiese vaardighede, spelreëls en pret. Weeklikse spansamestellings word gekommunikeer, met ontwikkelingsoefeninge vir alle deelnemers.

Vaardigheidsontwikkeling

  • Stokhantering en balkontrole
  • Slaantegnieke (drives, flicks en pushes)
  • Verdedigingsposisionering
  • Aanvallende strategieë
  • Doelwagtervaardighede

Oefeninge

Gereelde weeklikse oefeninge met 'n 80%-bywoningsvereiste vir wedstrydkeuring.

Evaluasiestelsel

  • Beste Aanvallende Speler per span
  • Beste Verdedigende Speler per span
  • Beste Algehele Speler per span

Liga-kompetisies

Deelname aan plaaslike skoleligas met die strewe om ligawenners te word.

Toekennings

  • Posisie-spesifieke medaljes
  • Liga-wenner-erkenning
  • Erekleure vir Gauteng-Noord-span keuring
  • Provinsiale kleure-erkenning

Kontak: Heinmari Swart

Word deel van ons storie in 2026, waar elke kind ’n naam het.

linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram