By Laerskool Witpoort is ons trots daarop om as lid van SANESA 'n omvattende verskeidenheid perdry-dissiplines aan te bied wat ruiters van alle vlakke akkommodeer.
SANESA Registrasie
Alle ruiters moet as Laerskool Witpoort-ruiters by SANESA geregistreer wees om deel van die skolespan te wees.
Dissiplines Aangebied
- Dressage – presisie en harmonie tussen ruiter en perd
- Prix Caprilli – kombinasie van dressuur en spring
- Skouspring – tegniek en styl oor hindernisse
- Equitation – ruitervaardighede en sitplek
- Showing – perd en ruiter se algehele voorkoms
- Vaulting – gimnastiek op perd
- Western Mounted Games – spoed en behendigheid
- Western Riding – westerse styl en tegniek
- Endurance – afstand en uithouvermoë
- Eventing – drie-fase kompetisie
- Mounted Archery – handboogsport te perd
Deelname Vereistes
Ruiters moet aan minstens 3 SANESA-ligas per seisoen deelneem om vir toekennings te kwalifiseer.
Toekennings
- Dissipline-spesifieke trofees vir elke kategorie
- Ruiter van die Jaar (verste vordering)
- Meeste Punte Trofee (minimum 1 000 punte)
- Distrikwenners – sertifikaat en medalje
Erekleure
- Gauteng-kleure
- Gauteng-Noord-kleure
Skoolklere Beskikbaar
- Ruiter golfhempies
- Wit kraaghemde, dasse en baadjies
- Wit en blou numnahs (huur of koop)
- Daysheets
Kontak: Nadia Botha