Ons graad 7-leerders het op, Vrydag 22 Augustus, die jaarlikse Laerskool Witpoort Wetenskap Ekspo aangebied.
Elke leerder het hul navorsing en eksperimente met kreatiwiteit en selfvertroue weergegee. Hulle het met entoesiasme hul projekte verduidelik: Van mede-leerder tot by mnr. Hennie!
Baie dankie aan mev. Corlia Eksteen, wat die gr 7's gelei en ondersteun het om hierdie hierdie suksesvolle dag moontlik te maak.
* Baie dankie aan mnr. Jan Barend Coetzee wat die fotografie hanteer het.