Tannie Celia en twee pragtige viervoetiges, het Maandag 28 Julie, tydens saalopening vir die Witties kom kuier.
Pretoria Dog Rescue is hierdie jaar die fokus van die Wittieraad se gemeenskapsprojek van 2025.
Die instansie se grootste behoefte is altyd kos. Ons vra dan ook met vrymoedighjeid dat ons Witties hulself sal oortref met skenkings aan die instansie!
Hierdie jaar word ’n prettige Bingo-speletjie gespeel wat die insamelings se vordering toon. Die klas met die meeste voltooide Bingo-kaarte word beloon met 'n waterpretdag en 'n Spur-ete-piekniek by die skool.
Die sperdatum om bydraes te lewer is 5 September.